B5M AUTO BROKERS (MOTOR MAKELAARS)
Ten spyte van die feit dat die aankoop van ‘n voertuig een van die grootste beleggings is wat verbruikers kan maak, is die konsep van ‘n motor makelaar wat hulle help met hierdie groot stap nog nie bekend aan die algemene publiek nie. Inteendeel, daar is bittermin mense wat weet dat daar soiets soos ‘n motor makelaar beskikbaar is om hulle te help tydens die proses. Hieronder sal ons probeer om te verduidelik wat die voordele is om motor makelaar dienste te gebruik wanneer jy as as ‘n verbruiker ‘n motor (nuut of tweedehands) wil aankoop.
Wat is ‘n Motor Makelaar?
Wanneer mense in die mark is vir ‘n nuwe motor, vind hulle meeste van die tyd dat die proses om ‘n werk, familielewe en ‘n klomp besoeke aan motorhandelaars te maak, net teveel. Om hierdie las te help verlig kan ‘n motor makelaar gebruik word om jou te help om die voertuig te vind wat jy soek, teen die regte prys sonder dat jy eenkeer hoef rond te ry van motorhandelaar tot motorhandelaar. ‘n Motor makelaar se werk is om die verbruik te help om tyd en geld te spaar in die proses om ‘n voertuig aan te koop.
Wat presies doen ‘n Motor Makelaar?
‘n Motor makelaar doen al die voetsleep werk van karkoop vir die kliënt. Die makelaar ontmoet eerste met die koper om uit te vind wat se tipe voertuig hulle na soek en ook in watter prysklas. Ons sal dan probeer om jou keuse van ‘n voertuig vir jou te kry en dan te bepaal hoe naby jy is om ‘n keuse te maak asook die koste van elke voertuig. Sommige kliënte het nie ‘n idee wat se voertuig hulle wil/moet koop nie, en dan doen ons ‘n behoeftebepaling om vas te stel watter voertuig perfek by die kliënt se omstandighede of behoeftes sal pas. Saam besluit ons op twee of drie finale voertuigname om die kliënt instaat te stel om ‘n ingeligte keuse te maak.
Wanneer die motor makelaar al hierdie inligtig het, werk ons met die motorhandelaars en poog ons om die heel beste prys vir ons kliënt te beding. Dit kan selfs die inruil van jou huidige voertuig insluit. Wanneer ons ‘n ooreenkoms met die motorhandelaar bereik het, doen die motor makelaar al die ‘grondwerk’ en al wat die kliënt moet doen is om die finale goedkeuring te gee en die papierwerk te voltooi.
Wat is die voordele om ‘n Motor Makelaar te gebruik?
As ‘n Motor Makelaar Agentskap skakel ons al die klein jakkalsies uit wanneer dit kom by ‘n gewag om bv. ‘n prys te kry. Ons vertel die kliënt sonder om dovekies om te draai wat die huidige waarde van voertuie is. Dit is ‘n baie meer oop en eerlike manier van besigheid doen. Een van die grootste voordele is dat motor makelaars onnodige motorhandelaarsfooie kan uitskakel. Die internet bied nuwe uitdagings aan motor makelaars maar die internet vertel ‘n mens ook nie altyd wat jy alles moet betaal nie. Ons gee ons kliënte die feite en daar is geen agendas nie. Ons gee hulle die beste prys eerstel.
Wat kos die dienste van ‘n Motor Makelaar?
Motor Makelaars se diensfooie wissel van ongeveer R1999 tot R4999, afhangend van wie jy gebruik. Ons standaard diensfooi is R1495 MAAR dit is GRATIS (jy kry jou geld terug) as ons jou voertuig vind en jy dit via B5M aankoop. Ons neem die heen en weer onderhandelings uit die motor-koopproses uit. Ons maak slegs ‘n fooi indien ons ‘n baie goeie aanbod vir jou kry en ons kan nie fooie opjaag deur ‘n duurder kar aan jou te verkoop nie. Wat jy sien is wat jy kry. Ons lewer ‘n ander tipe diens aan mense wat reeds rondgesoek het, ‘n motor teen ‘n spesifieke prys gekry het, en ons dan nader om daardie prys te verbeter. In so ‘n geval neem ons gewoonlik ‘n persentasie van die bedrag wat ons hulle spaar.
Selfs wanneer ‘n motor makelaar se fooi in die koste van ‘n voertuig ingereken word, is die finale koste amper altyd minder of gelyk aan die aanbod/ooreenkojms wat hulle op hulle eie sou kry – so teen die heel minimum betaal jy nie vir die motor makelaar nie en in die meeste gevalle spaar verbruikers geld en hulle het die gemak van ‘n motor makelaar agentskap wat die harde werk doen.
Hoe lyk die kantooropset van ‘n Motor Makelaar?
In die algemeen werk die suiwer, kliënt-gedrewe motor makelaar uit ‘n klein kantoor of tuiskantoor met baie min of geen personeel om kostes so laag as moontlik te hou. Hulle vra dan of ‘n vasgestelde fooi vir verbruikers of hulle lewer die diens gratis soos B5M Auto Brokers. Verbruikers moet ook nie voel dat hulle slegs ‘n motor makelaar in hulle area hoef te gebruik nie! Baie van ons werk is webwerf gebasseer en ons neem kliënte regoor die land en doen nuwe en gebruikte motorvoertuig aankope vir hulle.
Op die ou einde spaar meeste verbruikers honderde, indien nie duisende rande deur ons professionele motor makelaar dienste te gebruik wanneer hulle ‘n voertuig aankoop. Maar behalwe vir die geldbesparing, spaar jy ook ure se gesukkel om van motorhandelaar tot motorhandelaar te ry om die beste koop te vind. Dit kan die grootste voordeel van alles wees!
Hier is ‘n paar vrae aan Christo Kruger, Motor Makelaar van BM5 Auto Brokers:
Wat is die grootste fout wat mense maak wanneer hulle ‘n voertuig aankoop?
Een van die grootste foute is wanneer ‘n verbruik ‘n impulsiewe besluit neem om ‘n motor te koop. Hulle besoek ‘n motorhandelaar en val vir die betowering van al die motors om hulle en die opgewondenheid om ‘n nuwe motor te koop. Ons help jou om jouself te help deur jou te beskerm teen enige opsweping of emosionele kopie deur slegs die feite aan jou voor te lê.
Hoe hanteer jy dit as ‘n kliënt ‘n inruiling wil doen?
Ons onderhandel die inruilwaarde met die motorhandelaar maar ons het ook ons eie kopers vir inruilings en ons onderhandel met hulle ook. Sommmige kopers stel baie belang in ‘n voertuig en ander doen glad nie. So ons vind uit wie wil regtig die voertuig koop en ons verkoop dit namens ‘n kliënt aan die persoon of instansie wat die hoogste aanbod maak. Ons vind uit wie is bereid om die heel meeste te betaal!
Hoeveel verskillende voertuige kan jy aan jou kliënte bied?
Wel, basies is elke motorhandelaar in Suid Afrika beskikbaar aan my kliënte, want ek kan beheer waar die onderhandelings gaan plaasvind meeste van die tyd. Ek het ook grootmaataankopers (persone wat van privaat persoene koop en verkoop aan veilingshuise en motorhandelaars) wat ek gebruik.
Noem ‘n paar voordele om ‘n Motor Makelaar te gebruik?
Gemoedsrus en om met selfvertroue te kan koop! Verbruikers wat motor makelaars gebruik geniet die versekering om te weet dat hulle ‘n professionele persoon het wat vir hulle regte opstaan en aan hulle kant is met die koop en verkoop van hulle voertuig. So hulle hoef nie bekommerd te wees oor bedrog, skelmstreke of enige ander verbruikersnagmerries wat maar al te bekend is in die motorindustrie!
Om ‘n motor makelaar te gebruik beteken ‘n verbruiker spaar tyd en moeite en dat hulle nie op ‘n ‘karjag’ hoef uit te gaan deur van motorhandelaar tot motorhandelaar te moet soek vir ‘n voertuig nie. Omdat motor makelaars professionele motoraankopers is, is die hele proses eenvoudig en deursigtig.
Werk jy persoonlik vir kliënte?
Ja! Ek werk aan die heel beste aanbiedinge vir my kliënte op ‘n daaglikse basis. Ek is regtig 24/7 op bystand en my werk is altyd in my gedagtes. Ek is in kontak met kliënte oor naweke en in die aande, maar dis vanaf my tuiskantoor, huis of waar ek ookal is omdat dit ‘n familiebesigheid is. Ek het grootgeword in die motor industrie en dit is ‘n absolute passie van my! Ek is die heel gelukkigste nou omdat ek ‘n besigheid het waar ek regtig mense kan help.

Ons hoop dat hierdie inligting gehelp het om jou in te lig oor presies wat motor makelaars doen, hoe hulle dit doen en wat die voordele vir verbruikers is. Voel asseblief vry om enige vrae te vra oor ons motor makelaarsdienste, ons agtergrond, fooie en die geskiedenis van ons maatskappy. Ons is trots op ons onafhanklikheid van motorhandelaars en sal jou graag bystaan met jou voertuigbehoeftes.
Kontak Christo op 0735276980 of [email protected]
Kontak Christo op 0735276980 of [email protected]
"Ons missie is om die aankoop van 'n motorvoertuig beter te maak vir ons kliënte deur deursigtigheid, integriteit en uitsonderlike kliëntediens.
Ons help jou om jou droomkar te soek en te vind!
Ons help jou om jou droomkar te soek en te vind!
- Christo Kruger, Eienaar, B5M AUTO BROKERS